Goeie nuus aan al die mammas, pappas, oumas en oupas met Grd R tot Grd 3 kleingoed – hulle kan ook nou leer kitaar speel.
Hierdie kursus is spesiaal saamgestel vir hulle. Ek maak gebruik van prentjies en assosiasies om die akkoorde vir hulle te leer en verder maak ek staat op hul geheue om die patroon van die drukke te memoriseer. Sodoende leer hulle om die liedjies te speel.
Dit is belangrik dat hul hierdie fase baie pret moet hê. Op hierdie ouderdom wil hul sommer net sing en geraas maak en daarom is dit belangrik om nie onnodig streng met hul te wees nie. Nou wil ons net eers die liefde vir musiek en die kitaar kweek en daarom moet dit baie pret, lag en sing insluit.
Ek maak net gebruik van christelike kinder liedjies – Afrikaans en Engels.
Ek leer die kinders liedjies wat net eers met 2 akkoorde begin, en later met 3 akkoorde.
Die kursus is volledig uitgetik – al kan jou kind tans nog nie lees nie of dalk nog baie min lees. Die rede hiervoor is dat hul binne die volgende paar maande of dalk ‘n jaar wel kan lees en dan self kan volg in sy/haar boek.
Hierdie kursus is ook ideaal vir mamma, pappa, ouma of oupa om kwaliteit tyd saam met hul kleintjie te spandeer en dis sommer iets lekkers om saam aan te pak – ongeag of jy self kan speel.
Laai gerus jou gratis les hier af
Prys: R350
Kontak my vir bank besonderhede
Prys: R350
Kontak my vir bank besonderhede
Copyright © 2022 Guitar4kids - Beginners Kitaar Kursusse - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy Website Builder